sdg.marinusvz
2013-04-20 10:27
Nee, ongelukkig nie. Die Fasttrack modem soos ek onthou is 'n OpenAT  modem, nie waar nie? So jy het 'n OpenAT programmetjie op die modem  nodig wat aan PNPSCADA konnekteer.
Die Maestro modem is ook 'n  OpenAT modem, en jy kan hom koop met 'n pre-loaded programmetjie met die  naam Smart Pack (SmartPack); wat dan ook die AT command set op die modem uitbrei.  Ons het wel instruksies in die manual en op die web site hoe om hom op  te stel om aan PNPSCADA te konnekteer.
As jy 'n ander programmetjie het wat dit kan doen, is die  instruksies redelik eenvoudig: jy moet hom kan opstel om aan 'n sekere  IP en PORT te konnekteer, en dan daardie TCP/IP kanaal te oorbrug na die  serie poort. Redelik belangrik is dat hy gedurig moet 'retry', en as  die konneksie verlore raak of 'stale', dan moet hy self diskonnekteer en  weer konnekteer.
In so 'n geval soos bg., met jou eie programmetjie, dan konfigureer  jy hom net op PNPSCADA as 'n Generic Active GPRS Modem ('either' die  normale een, of die 'Always connected' een); en dit behoort te werk.